polisie moordenaar verhoor vandag begin

Die verhoor van ‘n man wat beskuldig word van die moord op twee polisiebeamptes van Kimberley in Augustus verlede jaar, begin vandag in die Noord-Kaapse hooggeregshof. Daniel Alberts word aangekla van die moord op sersant Kedimetse Masilo en konstabel Okaetse Mandindi van die Kimberley-blitspatrollie, na ‘n hoëspoedjaagtog. Die beamptes is na bewering doodgeskiet terwyl hulle probeer het om Alberts in hegtenis geneem in verband met motordiefstal in Bloemfontein. Alberts is vroeër vir 30 dae van psigiatriese waarneming gestuur, en bly in aanhouding.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media