WEER NUUS

Die Suid Afrikaanse Weerdiens sê 'n kouefront en ’n stormvloed word in minstens twee provinsies verwag, met die res van die land wat ontwrigtende reën, sterk winde en oggendryp sal ervaar. Die weerdiens het 'n Oranje Vlak 6-waarskuwing vir ontwrigtende reën, wat lei tot die oorstroming van nedersettings, paaie en brûe, op plekke langs die kus en aangrensende binneland van die Oos-Kaap in die oggend uitgeruik. ’n Geel Vlak 4-waarskuwing vir ’n stormvloed word op plekke langs die kus tussen Plettenbergbaai en Oos-Londen verwag. Die weerdiens sê ook 'n kouefront word vanaf Donderdag oor die Wes-Kaap en die Noord-Kaap verwag, wat koue, nat en winderige toestande op plekke oor die Namakwa-distrik van die Noord-Kaap en die westelike binneland van die Wes-Kaap tot gevolg sal hê. Die Noord-Kaap kan oggendmiskolle oor die sentrale en suidelike dele verwag, andersins word goeie en koel tot koue temperature verwag.Die wind langs die kus sal 'n matige tot fris noord tot noordwes waai met 22 grade vir Upington en 19 vir Kimberley.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media