GOEIE NUUS VIR MOTORISTE

Motoriste in Upington en omligende gebiede saam met die res van Suid-Afrikaners gaan van middernag af aansienlik minder vir brandstof betaal. Die Sentrale Energiefonds het laatoggend die pryse vir Junie bekendgemaak. Volgens inligting sal albei grade petrol een-rand-24 ‘n liter minder kos. Die groothandelprys vir diesel neem af tussen een-rand-18 en een-rand agt sent ‘n liter. Die prys van paraffien daal met 80 sent ‘n liter, terwyl gas een-rand 35 ‘n kilogram minder sal kos.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media