snerpende koue verwag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê intussen reën en donderstorms kan vandeesweek nog op verskeie plekke in die land voorkom. Die weerkundige, Lehlohonolo Thobela sê in Gauteng is dit bewolk en koud, maar koel in die noorde. Verspreide buie en donderbuie word vir die provinsie voorspel. Thobela sê ‘n waarskuwing is uitgereik vir die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal waar ontwrigtende reënval kan voorkom aan die ooskus en in die suide van KwaZulu-Natal. Donderstorms word ook voorspel vir Mpumalanga en die oostelike dele van die Vrystaat. Temperature vir vandag Dinsdag die vierde Junie is 18 vir Alexanderbaai en tien vir Calvinia De Aar nege en 14 vir Kimberley. Inwoners van Upington trotseer 17 grade gevolg deur net agt in Sutherland.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media