bedreigde spesie man gestaf

’n 49-jaarige man van Rietfontein is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, geheel en al opgeskort vir vyf jaar, nadat hy skuldig bevind is aan die besit van pangolinevel met ’n geraamde straatwaarde van R425 000. Volgens 'n polisie verslag is Johannes Kock, is ook op 27 Mei tot drie jaar gevangenisstraf, geheel en al opgeskort vir drie jaar, vir geldwassery gevonnis. Die SAPD-woordvoerder in die ZF Mgcawu-distrik, sers Omphile Masegela, sê die polisie het op 6 Mei 2023 beslag gelê op die pangolinevel in die Rietfontein-omgewing.Masegela sê die SAPD-bestuur in die Noord-Kaap het die vinnige reaksie deur Witdraai Vispol (Sigbare Polisiëringseenheid) lede en die ondersoekbeampte, ao Jacques Ockhuys van die Upington Veediefstal en Bedreigde Spesies eenheid erken.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media