weer

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens  het ernstige waarskuwings uitgereik vir verskeie provinsies, insluitend die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Noord-Kaap en KwaZulu-Natal. Ontwrigtende sneeu, wat ysige paaie en verkeersontwrigtings tot gevolg kan hê, word verwag oor die noordelike hoogvlakte van die Oos-Kaap, die suidelike hoogvlakte van die Noord-Kaap en die Sentraal-Karoo van die Wes-Kaap. 'n Geel Vlak 4-waarskuwing vir ontwrigtende sneeu, wat lei tot die verlies van vee en oeste, asook sommige passe wat ontoeganklik is, word oor die suidelike hoogvlakte van die Noord-Kaap en die Sentraal-Karoo van die Wes-Kaap verwag. Die weerdiens sê baie koue, nat en winderige toestande, met sneeuval, word verwag oor die suidelike hoogliggende gebiede van die Namakwa-distrik en suidelike hoogvlakte van die Noord-Kaap, die sentrale en oostelike binneland van die Wes-Kaap en die noordelike hoë grond van die Oos-Kaap. 13 grade word in Upington en 10 vir Kimberley.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media