ZFM Super Liga nou in die helfte

Die plaaslike Sunwolves rugby span kom more te staan teen Upington dorp rugby in die ZFM eerste Liga. Lionel Joseph vir die Sunwolves sê hy is vol vertroue dat die kragmeting beter sal oplewer om op te maak vir die vorige twee swak vertonings. Hy reken dat meer aanvallende spel dalk ‘n ommeswaai kan mee bring vir die span. Hy sê sy vertroue in elk van die span lede is dryfkrag vir die liga wat nou in die helfte is. Joseph sê die swak uitslae van die span vir die afgelope tyd op die veld definieer nie die Sunwolves nie, en dus vertrou hy dat dinge beter kan word vir die span. Hy sê die span is gereed vir more se wedstryd, want dit is 'n moet wen wedstryd.  More se kragmeting skop vier uur namiddag af by die Eiland sport terrein.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media