mans gestraf

 Emmanuel Modise , Ditebogo Tshegodikaeen Patrick Gaebetse is swaar in die Kathu-streekshof vir die ontvoering en verkragting van ‘n 11 jarige meisie gevonnis .Lt.kol. Sergio Kock sê die misdaad is op 2 Junie 2013 omstreeks 11:00 gepleeg. Die meisie was by ‘n snoepwinkel, toe sy oorval is en verskeie kere agter die snoepwinkel en by ‘n nabygeleë stadion verkrag is. Die verdagtes het gevlug en is tussen Junie 2020 en Oktober 2021 in hegtenis geneem. Hulle het tot vonnisoplegging in aanhouding gebly.Beide Emmanuel Modise  en Ditebogo Tshegodikae is elk tot 22 jaar tronkstraf vir verkragting en sewe jaar vir ontvoering gevonnis. Patrick Gaebetse  is tot 20 jaar effektiewe tronkstraf vir ontvoering en verkragting gevonnis.. Gwyneth Paulsen van die provinsiale SECI-eenheid is vir die suksesvolle afhandeling van die saak en vonnis geprys.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media