aanvaarding gevra

Die kongres van tradisionele leiers, Contralesa het ‘n beroep gedoen op alle politieke partye om die uitslae van gister se verkiesing te aanvaar. Stemme word tans by stemlokale landwyd getel. Die president van Contralesa, Lameck Mokoena het ook ‘n beroep op die Verkiesingskommissie gedoen om so deursigtig as moontlik te wees om geskille tussen politieke partye te verhoed. Mokoena sê indien daar wel geskille is, behoort dit sonder enige geweld opgelos te word.Die Verkiesingskommissie het sover die uitslae van 3-duisend-259 stemdistrikte verklaar, wat bykans 14-persent van die stemme is. Die ANC loop nasionaal voor met sowat 42-komma-5-8 persent van die stemme, die DA is tweede met 25-komma-8-2 en die EFF derde met 8-komma-4-7 persent. tellery duur intussen voort

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media