Burgemeester van die Dawid Kruiper Munisipaliteit tevrede met dag een van die verkiesing

Bymonde van Michael Sigede, burgemeester van die Dawid Kruiper munisipaliteit was dag een 'n goeie aanduiding van inwoners se gretigheid om te stem.Dit nadat soveel inwoners opgedaag het by die J. Shimane gemeenskapsaal wie nie geregistreer was vir spesiale stemme nie. Sigede sê dus dat die opkoms vir die spesiale stemme baie tevredigend is, Volgens die burgemeester het nagenoeg 60 persone hul opwagting gemaak tussen 7 vanoggend en 1 uur vanmiddag om te stem. Sigede het sy tevrendenheid uitgespreek met die hoeveelheid jeugdiges wie op dag een opgedaag het. Volgens Sigede is die verkiesing uiters deurslaggewend, dus die belangrikheid vir inwoners om op te daag om te stem. 

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media