Zfm teen geslags gebaseerde geweld

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens in die ZF Mgcawu streek se woordvoerder sersant Omphile Masegela het 'n beroep gedoen op beter beskerming van vroue en kinders in die streek, provinsie en land. Die beroep volg na verskeie skuldig bevindings van verdagtes in howe regoor die provinsie, wat misdaad teen vroue en veral jong meisies gepleeg het. Masegela sê die viering van 16 dae van aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders behoort 'n daaglikse geveg te wees waar gemeenskappe nie stilbly vir enige vorm van misdadigheid teen vroue en kinders nie. Sy sê dus ontoelaatbaar dat soveel vroue en kinders steeds slagoffer val aan die hand van misdadige elemente waarvan sommige eie familie wat veiligheid moet verseker. Masegela het mans en jong seuns gevra om te herbesin oor hulle gedrag heens vroue en kinders in hulle onderskeie gemeenskappe.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media