Bevel bekom

Die Valke se span vir prioriteitsmisdaadondersoeke en die batebeslagleggingseenheid in die Noord-Kaap het 'n finale beslagleggingsbevel van sewe-en-sewentigduisend rand teen 'n vermeende dwelmsmokkelaar verkry nadat hy met dwelms ter waarde van vyf-en-twintigduisend rand betrap is. Volgens 'n verklaring deur die Valke is die 44-jarige Anayo Njubigbo tydens 'n roetine stop-en-deursoek operasie in hegtenis geneem nadat een duisend en twaalf Mandrax-tablette in sy besit gevind is. Luitenant-kolonel Tebogo Thebe van die Valke het gesê die bevel is op 17 Mei vanjaar deur die Noord-Kaapse Hooggeregshof toegestaan.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media