Fasiliteite groot uitdaging vir amateur rugby in ZFM distrik

Terwyl plaaslike rugby liefhebbers soveel rugby genot beleef met die rugby kampioenskappe wat tans onderweg is trek rugby spanne swaar met die tekort aan fasiliteite wat vir talle plaaslike rugby spanne ‘n groot uitdaging is. Na aanleiding van inligting is die uitdaging ‘n groter striem vir amateur rugby in die streek. Volgens inligting is daar tans vier klubs in die Upington gebied, waarvan slegs een uit die vier ‘n veld het wat totaal in hulle beheer is. Verdere inligting dui daarop dat talle amateur rugby spelers werkloos is en dit bemoeilik die proses waar spelers self die koste kan dra wanneer wedstryde gespeel word. Plaaslike rugby spelers meen dat dit  belangrik is om die finansiele uitdagings wat amateur rugby spanne ervaar aan te spreek, want indien nie kan omstandighede verder moeilik word  vir hierdie spanne in die distrik.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media