Maak seker se sassa

Sassa vra begunstigdes in Upington en omligende gebiede om kennisgewings en briewe wat deur die departement uitgereik word, te lees. Die agentskap sê sommige kennisgewings kan moontlik begunstigdes se maatskaplike toelaes beïnvloed. Verder vra die agentskap begunstigdes moet adresse en ander besonderhede en omstandighede wat verander, so gou moontlik aanmeld sodat hulle kennisgewings betyds kan ontvang en die staking van maatskaplike toelaes vermy kan word. Omstandighede wat kan verander, is byvoorbeeld wanneer ‘n begunstigde trek, trou en die finansiële of mediese situasie verander. SASSA sê in gevalle waar die toelaag opgeskort is, moet binne 30 dae van opskorting vir hersiening aansoek gedoen word. Opskorting kan die gevolg wees van versuim om vir meer as drie opeenvolgende maande Sassa-geld te vorder, of versuim om veranderde besonderhede/ omstandighede aan te meld.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media