Verkoop se da in emtanjeni

Die Demokratiese Alliansie het aan Emthanjeni-munisipaliteit 'n ultimatum gegee vir 'n dringende vergadering met belanghebbendes rakende die verkoop van 'n groeiende aantal vervalle geboue in De Aar. Die party sê die stadsbestuurder se versuim om hierdie vergadering te fasiliteer, sal die DA met geen ander keuse laat as om 'n kriminele klag teen die MB in te dien vir die mislukte bestuur van munisipale bates. Die DA sê in 'n verklaring dat die afgelope week het ’n situasie ontstaan waar ’n groep onwettige plakkers, wat onlangs op die perseel van die ou, openbare Van Rensburgswembad ingetrek het. Hulle was na bewering met messe bewapen en het verbygangers van geld en kos beroof. Behalwe dat hulle die area onveilig gemaak het, het hulle ook vullis oor die terrein gestrooi en die geriewe as toilet gebruik.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media