mckenzie se in kimberley hy is vol vertroue oor noordkaap stem

Die leier van die Patriotiese Alliansie, Gayton McKenzie, sê hy is vol vertroue dat die party meer as 20 setels in die parlement gaan wen in die algemene verkiesing komende Woensdag. McKenzie het gister Kimberley in die Noord-Kaap besoek, as deel van sy party se verkiesingsveldtog. Hy het ondersteuners en lede van die party aangemoedig om optimisties te bly oor die moontlikheid van verandering. Die Noord-Kaap is een van die provinsies waar die PA sterk ondersteuning verwag.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media