vinger na sol plaatje gewys

Die familie van Sol Plaatje Munisipaliteit se elektriese assistent Enrico Jose Convivious, wat onlangs in 'n ongelik dood is nadat hy ernstige brandwonde opgedoen het toe die Herculesstraat substasie ontplof het, glo dat hy sou dalk oorleef het as hy van die regte veiligheidstoerusting voorsien was. Convivious en drie kollegas het Maandag ten tyde van die voorval aandag gegee aan 'n kabelfout by die substasie in Herlear. Aiek Adams, elektrisiën van Sol Plaatje Munisipaliteit, is ook noodlottig beseer nadat hy ernstige brandwonde opgedoen het terwyl hy by die Aviva-mini-substasie in Hillcrest gewerk het, wat in 2022 aan die brand geslaan het. Lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie het Woensdag 'n betoging by die raadswerf gehou oor die gebrek aan persoonlike beskermende toerusting, waar hulle aangedui het dat werkers aan gevaarlike werksomstandighede blootgestel word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media