DFC spook dit uit teen Kakamas in die ZFM rugby kampioenskappe

Die plaaslike rugby seisoen is goed onderweg vir die DFC rugby span tenspyte van die span se onlangse nederlaag van 19 oor 41 teen Kakamas in hul derde kragmeting van die ZFM rugby kampioenskappe. Volgens DFC was die stryd wat op Saterdag 18 Mei plaasgevind het moordend ongeag onverpose pogings wat die span aangewend het teen die Kakamiete, wie ses drieë aangeteken het wat tot hul sege gelei het. DFC se Mervin Rooi en Jacquin Basson het elk ‘n draai agter die pale gemaak van hul opponente. Die span se egter dat hul verdediging nie genoegsame weerstand kon bied teen Kakamas se uitmuntende spel nie. Volgens inligting is die span toegewyd tot hul doelwit om te oorwin en sien alreeds uit na hul volgende kragmeting teen Sunwolves op Saterdag, 25 Mei 2024.

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media