Khai garib Munisipaliteit lewer kommentaar op water kol uitdaging van inwoners

Heleen Stuurman, 'n inwoner van Lutzburg naby Kakamas, het haar frustrasie uitgespreek oor 'n raaiselagtige waterkol in haar tuin wat na bewering sedert 2015 'n probleem vir haar en haar gesin is. Sy sê, met die hulp van ander inwoners, het hulle probeer het om 'n lekkende pyp op te spoor deur te grawe, maar sonder sukses. Die situasie het volgens Stuurman vererger, en die waterkol vergroot wanneer daar 'n sterk vloei van water in die plaaslike kanaal is. Die Kai Garib munisipaliteit het bevestig dat hulle die oorsaak van die oortollige water ondersoek en het dat daar geen lekkasie op die hooflyn is nie. Die munisipaliteit bevestig ook dat dit nie grondwater is nie. Die municipaliteti het aangedui dat die waarskynlikheid hoog is dat die water van binne die erf afkomstig is en dat huiseienaars self verantwoordelik is vir die herstel van lekkasies op hul eiendom. Die munisipaliteit het ook erken dat daar 'n moontlikheid is dat die water van die septiese tenk afkomstig kan wees, en in so 'n geval sal die tegniese afdeling die fout probeer opspoor en regmaak.

Journalist: Mbali Masiza
Email: mbalimasiza198@gmail.com

Social Media