Agenyus ma glo nie haar dogter

Die ma van Kelly Smith wie tans tereg staan op klagtes van ontvoering en mensehandel wie van Aggenyus in die Noordkaapse Boesmanland afkomstig is Rita Yong hou vol dat sy nie haar dogter glo as sy sê sy weet nie waar Joslin is nie. Yong het maandag tydens die hofverskyning van Kelly en haar Kerel Jacquen Appolis en twee ander gesê sy eis niks anders as die waarheid oor waar haar kleindogter wat reeds langer as tagtig dae vermis is nie. Yong sê sy het haar dogter Kelly wie sigbaar swanger is in die gevangenis besoek. Die saak is intussen uitgestel na die staat aangedui het dat hy moet forensiese en selfoon data analiseer. Die verdagtes verskyn weer op die 15 de julie vanjaar.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media