Hopetown man skuldig

’n 33-jarige beskuldigde van Hopetown is tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir die oortreding van ’n beskermingsbevel wat deur sy 80-jarige ouma vir gesinsgeweld verkry is. Sersant Timothy Sam, polisie woordvoerder, het Maandag gesê die ouma is op 10 Maart deur haar kleinseun aangerand en beledig nadat sy 'n beskermingsbevel vir gesinsgeweld teen hom gekry het. Die beskuldigde, Warren Vivian George, is skuldig bevind aan die oortreding van die voorwaardes uiteengesit in die beskermingsbevel in die Hopetown-streekhof. Hy is tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis en is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die ondersoekbeampte, speurkonstabel Katlego Chabagae, toegejuig omdat hy verseker het dat oortreders wat die regte van bejaardes skend, aan die hof gebring word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media