Bevinding weerle

Die DA het die bevindinge weerlê van 'n opname wat deur 'n PhD-student en senior konsultant by Ever-Excellence, Ivan Steenkamp, opgestel is, wat voorspel het dat die ANC 'n meerderheid van 62,69 persent in die Noord-Kaap in die verkiesing volgende week sal trek. Steenkamp het ook voorspel dat die DA sy posisie as die amptelike opposisie in die provinsie gaan verloor, met die voorspelling dat kiesersteun vir die party tot 6,49 persent in 2024 sal afneem. Harold McGluwa, DA se provinsiale leier, het gesê gegrond op interne peilings en berekeninge is die DA besig om bedydende verbetering te toon.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media