valke reg na natjoint lokale as hoe risiko stempunte identifiseer

Die Valke in die Noordkaap het bevestig dat hulle saam met die Suid Afrikaanse Polisie en die bystand van die weermag met ander wetstoepasings agentskappe reg is om die komende verkiesing te polisieer. Die volg na die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur – Natjoints – aangekondig het dat hulle net meer as 600 hoërisiko-stemlokale landwyd geïdentifiseer het. Meer hulpbronne en personeel sal na hierdie stemlokale ontplooi word om wet en orde te handhaaf. Natjoints se voorsitter, luitenant-generaal Tebello Mosikili, het Suid-Afrikaners verseker dat streng veiligheid toegepas sal word tydens die algemene verkiesing op 29 Mei. Hy sê wetstoepassers is gereed om enige gebeurlikheid te hanteer. Mosikili het by ‘n mediakonferesie in Pretoria gesê geen wetteloosheid en enige vorm van geweld en misdadigheid sal geduld word nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media