266 vas in NK

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens sê minstens 266 persone is inhegtenis geneem tydens Operasie Shanela. In 'n verslag sê die polisie Shanela is regoor die provinsie geloods met nagenoeg 100 van die 266 verdagtes wat gesoekte verdagtes was. Kolonel Cherelle Ehlers van die polisie sê besoeke is ook aan skolle inbesonders rietfontein in die ZF Mgcawu streek gebring. Sy sê 'n "Teen boelie bewusmaking veltog" is geloods terwyl meer as 3 duisend 276 voertuie tydens padblokkades regoor die provinsie van stapel gestuur is. Ehlers sê die hulp van die Noordkaapse gemeenskappe in die bekamping van misdaad bly vir die Suid Afrikaanse polisie van kardinale belang.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media