Sapd reg om orde te handaaf

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens het bevestig dat hulle gerat is om dienste te lewer en om orde te handaaf tydens die nasionale en provinsiale verkiesing wat op 29 Mei vanjaar gaan plaasvind. Die polisie in die Noordkaap sê geen intimidasie of dreigemente asook geweld gaan gedurende die tyd geduld word onder partye of ondersteuners van die verskillende partye nie. Kolonel Cherelle Ehlers van die polisie se kominikasie afdeling se enige vorm van optrede wat die vrede van inwoners en die gladde verloop van die verkiesing bedreig sal met die sterk hand van die gereg bestry word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media