Sabotasie se dkm

Die woordvoerder vir die Dawid Kruiper munisipaleteit Patrick Williams sê Rioolverstoppings is tans aan die orde van die dag en die dienste van ‘n Privaat Kontrakteur was genoodsaak om van die verstoppings oop te maak. Hy sê dit kan duidelik waargeneem word dat ongewenste materiaal in die riool mangate gegooi word wat die hoofoorsaak is vir die voorkoms van die rioolverstoppings in die regsgebied. Williams sê dit is onmoontlik dat die ongewenste materiaal deur die bestaande netwerk aangedryf kan word tot waar dit uitsak en versamel, wat dienooreenkomstig die oorsaak kan wees vir rioolverstoppings wat ontstaan het. Hy sê die oorsaak van die verstoppings word dus aan sabotasie toegeskryf. Die munisipaleteit sê die publiek moet waar hulle voorvalle van sabotasie of vandalisme sien voorkom onmiddelik by die wetstoepassingsagentskappe raporteer.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media