Pastoor gestraf

'N Pastoor van kimberley is in die Galeshewe-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy sy stiefdogter, wat toe 14 jaar oud was, verkrag het .Die voorval het volgens die Nationale Vervolgings Gesag in 2017 plaasgevind toe die beskuldigde by die meisie en haar ma, wat sy vrou was, gewoon het. NVG woordvoerder Mojalefa Senokoatsane sê die 44-jarige beskuldigde het 14 jaar ondervinding in die bediening en werk as 'n kerkleraar. Senokoatsane sê die slaagoffer was in graad 8 toe die beskuldigde haar begin verkrag het. Vir ’n jaar is die meisie steeds mishandel totdat sy besluit het om die saak in 2018 by haar ma aan te meld. Senokoatsane sê die beskuldigde het die klaagster se ma ook fisies mishandel. Die beskuldigde is gearresteer en aangekla van een aanklag van verkragting sowel as een aanklag van poging tot verkragting. Die beskuldigde is skuldig bevind en tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis op aanklag van verkragting en 10 jaar gevangenisstraf vir poging tot verkragting. Die hof het beveel dat sy naam in die register van seksoortreders opgeneem word. Die beskuldigde is ook onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media