elektriese werker kritiek

'N elektrisiën van die Sol Plaatje munisipaleteit is na bewering in ’n kritieke toestand nadat hy beseer is toe die Herculesstraat-substasie in Herlear Maandagoggend ontplof het. Drie ander ingenieurs ontvang volgens inligting steeds mediese behandeling in die hospitaal. Thabo Mothibi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit sê die munisipale bestuurder, Thapelo Matlala, het saam met senior bestuurders die werknemers in die hospitaal besoek en met die familie van hul kritiek beseerde kollega vergader. Hy sê die ander drie beseerdes is buite gevaar. Volgens inligting het twee elektrisiëns brandwonde aan hul hande opgedoen terwyl die derde elektrisiën kopbrandwonde en 'n moontlike gewrigsbreuk opgedoen het. Mothibi sê die departement van arbeid het sy assessering Maandag by die ontploffingsterrein in Herlear voltooi.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media