5 jaar vir poging tot verkragting

Die Kimberley-streekhof het die 30-jarige Lucas Nqulunga tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die poging tot verkragting van 'n 34-jarige vrou in Galeshewe. Volgens 'n polisie verslag het die slagoffer op 1 Augustus 2022 saam met Nqulunga huis toe gestap toe hy onwelkome seksuele toenadering begin maak het. Die polisie verslag dui verder darop dat uit vrees vir haar veiligheid het sy probeer om na haar huis te vlug. Nqulunga het haar egter agternagesit. Toe hy haar inhaal, het Nqulunga homself op haar probeer afdwing. Die polisie sê benewens die vyf jaar direkte tronkstraf, het die hof Nqulunga onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit en beveel dat sy naam by die Nasionale Seksoortredersregister gevoeg word. Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die ondersoekbeampte, speurkonstabel Palesa Martin, geloof vir haar deeglike ondersoek van die saak.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media