sapd moordenaar aanstaande maand in hof

Die man wat aangekla word van die moord verlede jaar op twee blitspatrollielede in Kimberley se saak is uitgestel tot 5 Junie vir ’n formele aanklag in die hooggeregshof. Volgens 'n verslag is Daniel Wilfred Alberts se sielkundige evaluering afgehandel en hy is gereed om in die hof te verskyn. Mojalefa Senokoatsane van die Nasionale Vervolgings Gesag sê die verdagte was agt maande lank op die waglys ná sy inhegtenisneming voor hy opgeneem kon word. Die Kimberley-distrikshof het vroeër verneem hy is ’n psigiatriese pasiënt wat voorheen al in verskeie psigiatriese fasiliteite opgeneem is. Hy staan tereg op twee aanklagte van moord, drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede, motordiefstal, asook vir die diefstal van ’n skootrekenaar.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media