sol plaatje betreur beserings na ontploffing

Die Sol Plaatje munisipaleteit in Kimberley het die voorval betreur waarin werkers van hulle ekeltriese afdeling gister beseer is. Thabo Mothibi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit sê die elektrisiëns het omstreeks 09:00 aandag gegee aan 'n kabelfout toe die ontploffing plaasgevind het. Hy sê die werkers is na 'n plaaslike hospitaal gehaas vir mediese behandeling. Mothibi het inwoners daarop gewys  dat 'n langdurige onderbreking in dele van Herlear en Beaconsfield verwag moet word weens die omstandighede rondom die ontploffing. Hy sê die Departement van Arbeid het vanaf 12:30 gister 'n assessering gedoen voordat die substasie aan die munisipaliteit teruggegee kon word vir herstelwerk om te ontvou.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media