Rugby seisoen skop af in volle swang

Die 2024 ZF Mgcawu rugby kampioenskap seisoen skop binnekort af. Die DFC rugby span het hul eerste kragmeting aangekondig vir die seisoen wat op Saterdag 04 Mei 2024 sal plaasvind. Tydens die kragmeting sal DFC kragte meet teen Upington Dorp in wat beloof om ‘n riller stryd te wees volgens die eersgenoemde span. Die bestuur van die DFC rugby span het plaaslike rugby geesdriftiges uitgenooi om byeen te kom by die Eiland sport terrrein waar die gees van rugby die atmosfeer sal vul.  Afskop tyd van die wedstryd is te wagte om kort 5 uur namiddag af te wees.  

Journalist: Rene Julies
Email: rckjulies@gmail.com

Social Media