Instandhouding laat kanaal droog

Inwoners van die Dawid Kruiper munisipale regsgebied by Raaswater en Louisvale dorp gaan weens die staan van die kanaal geen rouwater vanuit die kanaal ontrek nie. Die munisipaleteit sê instandhoudings werk word tans verrig wat veroorsaak dat geen water tans in die kanaal vloei nie. Die woordvoerder Patrick Williams sê in 'n verklaring water sal tot die derde Mei vanjaar slegs tussen agt uur die oggend en tien uur die oggend beskikbaar wees waarna die netwerk weer leegemaak gaan word vir instandhouding om voort te gaan. Hy sê inwoners moet water vir menslike en huishoudelike gebruik veilig opgaar terwyl raaswater water vanuit die rivier gaan pomp wat by veral hoogliggende gebiede tot 'n laedruk in die stelsel sal lei. Williams sê watertrokke sal ook ingespan word om gemeenskappe van water te voorsien.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media