Deben ongeluk ondersoek

Een van Twee mans is volgens inligting dood na hulle in deben deur 'n voertuig getref is. Die polisie sê die voorval het Maandag in die dorp gebeur. Polisie woortvoerder Kolonel Cherelle Ehlers sê die oorledene is onderweg na die hospitaal dood en die ander word tans in 'n Kimberleyse hospitaal behandel. Die polisie sê hulle ondersoek die voorval en verwelkom enige inligting wat die vordering van die ondersoek sal help. Ehlers van die polisie sê die mans het onder 'n boom gesit toe hulle deur die voertuig getref is. Sy sê ondersoek duur voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media