KEIMOES-BOORLING MOEDIG MATRIEKULANTE AAN OM HULP TE SOEK EN OP HUL TOEKOMS TE FOKUS
Die gemeenskapsaktivis en boorling van Keimoes in die Kai !Garib-munisipale gebied, Esmerelda Fransman, het die matriekklas van 2026 sterkte toegewens met hul eindeksamen, wat vroeër vandeesmaand begin het.
Fransman, verbonde aan die Vermaak en Praat-potgooi in die Wes-Kaap, doen ’n beroep op gemeenskappe om matrikulante gedurende hierdie belangrike tydperk te ondersteun en aan te moedig.
Sy sê die verantwoordelikheid om die klas van 2026 by te staan, rus nie net op die leerders en hul ouers nie, maar is ’n gesamentlike verantwoordelikheid van die gemeenskap, onderwysinstellings en geloofsorganisasies.
Fransman moedig matrikulante wat akademiese of emosionele druk ervaar aan om hulp te soek en met iemand te praat, eerder as om die uitdagings op hul eie te probeer hanteer.
Sy waarsku jongmense ook teen die gebruik van skadelike middels en ander afleidings wat hul konsentrasie en voorbereiding kan beïnvloed. Volgens haar moet leerders hul aandag daarop vestig om ’n beter toekoms vir hulself te bou.
Fransman wens alle matrikulante sterkte toe en moedig hulle aan om deursettingsvermoë te toon, in hul vermoëns te glo en te onthou dat hulle nie alleen deur hierdie uitdagende tyd hoef te gaan nie.