Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Oranjerivier se vloei by Upington begin daal

Community
Rodrick Titus
Mon, 12 Oct 2026

Oranjerivier se vloei by Upington begin daal

Die jongste watervlakke toon dat die Oranjerivier se vloei by Upington geleidelik begin afneem.

Volgens die jongste syfers is die vloei by Upington ongeveer 956 kubieke meter per sekonde, met die rivierhoogte op sowat drie-komma-ses meter.

By Katlani is die vloei 875 kubieke meter per sekonde, terwyl Prieska ongeveer 567 kubieke meter per sekonde meet.

By Blouputs is die vloei 623 kubieke meter per sekonde en by Sendelingsdrift ongeveer een-duisend 272 kubieke meter per sekonde.

Die verwagting is dat Upington se vloei teen ongeveer 17 Oktober tot sowat 750 kubieke meter per sekonde sal daal en daarna vir ’n tydperk sal stabiliseer.

Die inligting is deur Wilco Fourie verskaf.