Rodrick Titus
Mon, 12 Oct 2026
Kind se liggaam in kanaal gevind
Die polisie wag op DNS-toetse om die identiteit van ’n kind wie se liggaam in ’n kanaal naby Jan Kempdorp gevind is, vas te stel.
’n 11-jarige seun van Warrenton is sedert 29 September vermis.
Die liggaam is op 4 Oktober naby Ganspan gevind, maar die polisie het nog nie bevestig of die twee sake met mekaar verband hou nie.
DNS-toetse sal gebruik word om die identiteit van die kind vas te stel.
’n Nadoodse ondersoek sal ook die oorsaak van die dood bepaal.