Vloedskade ontwrig verkeer op Alexanderbaai-Khubus-pad
Die Noord-Kaapse Departement van Paaie en Openbare Werke sê hy is bewus van vloedskade aan die Alexanderbaai-Khubus-pad in die Richtersveld.
Die skade ontwrig onder meer leerders se daaglikse reis na en van skole.
Die departement is besig met prosesse om ’n laebed-vervoerder te mobiliseer om ’n padskraper na die geaffekteerde gebied te vervoer.
Die masjien sal gebruik word om padonderhoud en herstelwerk te vergemaklik.
Die departement sê hy bly verbind tot die instandhouding van padinfrastruktuur en die veiligheid van padgebruikers.