Meer as R37 miljoen vir Dibeng-bulkwaterprojek
Meer as 37 miljoen rand word in die Dibeng-bulkwaterinfrastruktuurprojek in die Gamagara-munisipaliteit belê.
Die Noord-Kaapse MEC vir COGHSTA, Lebogang Motlhaping, het saam met plaaslike munisipale leiers ’n toesigbesoek aan fase een van die projek gebring.
Die projek word deur die Gamagara-munisipaliteit en Afrimat Iron Ore in vennootskap geïmplementeer.
Dit sal na verwagting sowat 17-duisend 325 inwoners in drie-duisend 465 huishoudings bevoordeel.
Die projek fokus onder meer op die verbetering van grondwatervoorsiening, die vermindering van waterverliese en beter pompbetroubaarheid.
Die beplande voltooiingsdatum is einde Oktober vanjaar.