Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Karos ervaar wateronderbrekings ná vandalisme

Community
Rodrick Titus
Mon, 12 Oct 2026

Karos ervaar wateronderbrekings ná vandalisme

Inwoners van Karos kan verdere wateronderbrekings verwag nadat die kragtoevoer na die kanaalpomp by die Karos-waterbehandelingsaanleg afgesny is.

Volgens Dawid Kruiper-munisipaliteit het die hooftoevoer gebrand.

Die munisipaliteit sê vandalisme en diefstal het ’n negatiewe uitwerking op die gebied se watervoorsiening.

Hoewel water steeds beskikbaar is, kan die suiweringsaanleg tans nie water voorsien nie.

Die Karos-gebied sal gevolglik onderbrekings ervaar terwyl herstelwerk gedoen word.

Die munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners om enige inligting oor die diefstal of vandalisme met die owerhede te deel.