Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Noord-Kaapse matriekeksamen begin môre

Community
Rodrick Titus
Mon, 12 Oct 2026

Noord-Kaapse matriekeksamen begin môre

Die Noord-Kaapse Onderwysdepartement sê hy is gereed vir die 2026 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen wat môre begin.

Die eksamen duur tot 26 November.

Altesaam 17-duisend 804 kandidate is in die provinsie geregistreer, waarvan 15-duisend 272 voltydse en twee-duisend 532 deeltydse kandidate is.

Daar is 149 eksamensentrums in die Noord-Kaap geregistreer.

Die provinsie het verlede jaar ’n slaagsyfer van 87-komma-79 persent behaal en mik vanjaar om die 90-persent-kerf te oorskry.

Die departement sê verskeie ondersteuningsprogramme is ingestel, insluitend vakklinieke, Saterdagklasse, naweek- en vakansieskole, digitale lesse en psigososiale ondersteuning.

Leerders word aangemoedig om die eksamen met dissipline, eerlikheid en integriteit aan te pak.