Loading...

NewsDesk

NewsDesk

SASSA beplan uitreikprogramme in Lennertsville en Bloemsmond

Community
Rodrick Titus
Fri, 09 Oct 2026

SASSA beplan uitreikprogramme in Lennertsville en Bloemsmond

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) se ZF Mgcawu-distrik beplan geïntegreerde diensleweringsuitreikprogramme in Lennertsville en Bloemsmond in die Kai !Garib-munisipale gebied.

Die eerste uitreikprogram vind op 16 Oktober 2026 om halfelfoggend by ’n lokaal in Lennertsville plaas. Die tweede program is vir 20 November 2026 om dieselfde tyd in Bloemsmond beplan. Die lokale vir albei geleenthede moet nog bevestig word.

Die programme is daarop gemik om gemeenskappe oor beskikbare dienste in te lig en inwoners se maatskaplike behoeftes te identifiseer. Dit sal deur gemeenskapsdialoog en samewerking tussen verskillende diensverskaffers ondersteun word.

SASSA doen ’n beroep op belanghebbendes om aan die programme deel te neem en hul ondersteuning te bevestig, sodat inwoners toegang tot toepaslike dienste kan kry.