Rodrick Titus
Fri, 09 Oct 2026
Kimberley vier vandag Sol Plaatje se 150ste verjaardag
Kimberley staan vandag in die teken van die 150ste herdenking van die geboorte van Solomon Tshekisho Plaatje.
Plaatje is op 9 Oktober 1876 naby Boshof gebore en word onthou as ’n belangrike Suid-Afrikaanse skrywer, joernalis en politieke denker.
Die 150ste herdenking word ook deur akademici gebruik om opnuut aandag te vestig op Plaatje se nalatenskap en die netwerk van mense wat sy werk en visie ondersteun het.