Meer as tien grafstene by Roodepan-begraafplaas beskadig
Meer as tien grafstene is na bewering by die Roodepan-begraafplaas in Kimberley beskadig.
Die Sol Plaatje-munisipaliteit sê vandale het vandeesweek by die begraafplaas toegeslaan. Volgens voorlopige waarnemings is betonblaaie van die ou heining moontlik in die daad gebruik.
Die munisipaliteit het ’n nuwe omheiningsprojek ter waarde van meer as vier-miljoen-rand voltooi.
Inwoners word versoek om enige verdagte aktiwiteite by die SAPD op 10111 of die munisipaliteit se sekuriteitseenheid op 080 122 9010 aan te meld.