Loading...

NewsDesk

NewsDesk

Noord-Kaapse damvlakke bly hoog

Community
Rodrick Titus
Thu, 08 Oct 2026

Noord-Kaapse damvlakke bly hoog

Verskeie damme in die streek toon steeds hoë watervlakke.

Vaaldam staan op 108,2 persent, terwyl Bloemhofdam op 99,2 persent is. Vanderkloofdam is op 106,4 persent.

Die jongste lesings toon dat die Oranje­rivier by Katlani ’n vloei van 1 454 kubieke meter per sekonde het, met ’n waterhoogte van 4,58 meter.

By Prieska is die vloei 1 125 kubieke meter per sekonde, terwyl Upington 1 519 kubieke meter per sekonde meet, met ’n waterhoogte van 4,51 meter.