De Aar-speurder verseker 20 jaar vir verkragting van 61-jarige vrou
n 25-jarige man is tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting van ’n 61-jarige vrou in Britstown.
Die voorval het in Maart 2025 plaasgevind. Die vrou het glo saam met ’n vriend by ’n staproete gestaan toe hulle die beskuldigde om ’n saamrygeleentheid gevra het.
Volgens die polisie het die man haar egter uit die dorp geneem, waar hy haar gedwing het om uit die voertuig te klim en haar verkrag het.
’n Speurder van die De Aar Gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seksuele Misdrywe-eenheid het die ondersoek hanteer.
Die beskuldigde is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en sy naam sal op die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders geplaas word