Prieska SAPD waarsku inwoners oor vermeende versekeringsbedrieërs
Die Prieska SAPD waarsku inwoners om versigtig te wees nadat ’n groep mense glo inwoners genader het en beweer het dat hulle Emerald Life verteenwoordig.
Volgens die polisie het die individue na bewering lewens- of begrafnispolisse aangebied, maar kon hulle nie identifikasie of magtigingsdokumente toon wat bevestig dat hulle wettiglik namens die maatskappy optree nie.
Inwoners word versoek om nie afskrifte van hul identiteitsdokumente, bankbesonderhede, PIN’s of ander persoonlike inligting te verskaf voordat die verteenwoordiger se identiteit en magtiging geverifieer is nie.