Man inhegtenis na valse kaping klagte
n 44-jarige man van Kimberley is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n vals kaping by die polisie aangemeld het.
Die man het in September beweer dat vier gewapende mans sy voertuig in Kimberley gekaap het. Verdere ondersoek deur die polisie het egter aan die lig gebring dat die voertuig glo deur die Balju van die Hof teruggevorder is nadat hy nie sy maandelikse bankverpligtinge nagekom het nie.
Die verdagte is op 7 Oktober vir meineed in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die Kimberley Landdroshof verskyn.
Die SAPD waarsku dat die doelbewuste indiening van ’n vals strafsaak ’n ernstige oortreding is.