Rodrick Titus
Thu, 08 Oct 2026
Eerste fase van Newstance-elektrifiseringsprojek bevoordeel 200 huishoudings
Die Newstance-gemeenskap in Wyk 5 is ingelig oor die eerste fase van ’n elektrifiseringsprojek wat na verwagting 200 huishoudings sal bevoordeel.
Die gamagara munisipaliteit het tydens ’n gemeenskapsbetrokkenheid die projekspan formeel bekendgestel. Mekan Engineering is aangestel as konsultant, terwyl LeanoLarona Holdings die kontrakteur is.
Die projek is daarop gemik om toegang tot elektrisiteit te verbeter en inwoners se lewensomstandighede te bevorder.