Rodrick Titus
Wed, 07 Oct 2026
POLISIE ONDERSOEK NOODLOTTIGE KIMBERLEY-ONGELUK
Die Roodepan-polisie in Kimberley ondersoek ’n saak van strafbare manslag en bestuur onder die invloed van alkohol ná ’n ernstige ongeluk op Barklyweg.
Drie mense is dood en vier ander ernstig beseer toe ’n dubbelkajuitbakkie omgeslaan en op die terrein van ’n skool beland het.
Die bestuurder, wat ook beseer is, is in hegtenis geneem en word onder polisiebewaking in die hospitaal aangehou.